16 September 2022
DAISY
Ek het gewonder of jy my kan sien
van daar bo af,
vanaand
Ons het gedans met die hoofligte aan
In die parkeerterrein.
Jy is myne, so klein
Ek dink die hemel voel soos jy
Loop jy nog rond
met daai daisy blomme
in jou hare vasgebind
Hou stil die aarde
om die son se wentel
as jy na my kyk
Deesdae vat ek nou maar die trein na Potchefstroom
en sien die weerlig deur die venster
Klein Karoo.
As jy wakker raak en jou hoop is skaars
maar jou oë bly oop, as jy mooi raakloop.
Jy's my beste song, jys my daisy blom,
kyk hoe helder skyn jy nou.
Deesdae vat ek nou maar die trein na Potchefstroom
en sien die weerlig deur die venster
Klein Karoo.
As jy wakker raak en jou hoop is skaars
maar jou oë bly oop, as jy mooi raakloop.
Jy's my beste song, jys my daisy blom,
kyk hoe helder skyn jy nou.
Ek het gewonder of jy my kan sien
van daar bo af,
vanaand
Woorde & Musiek: Heinrich George Günter